Click here for English.

WELKOM BY KLEIN KAROO CAMINO

Die Klein Karoo Camino is ’n reis saam met mense wat jou siel kan voed: 'n Ware Reistog vir die Siel.

Of jy jou uithouvermoë wil toets teen opdraandes en afdraandes, of eenvoudig die stilte van die natuur wil omhels — Wat jou drome ookal is, die Klein Karoo Camino bied die geleentheid om dit waar te laat word.
Klein Karoo Camino is nie net ’n staptog nie, maar ’n ervaring wat jou deel maak van ’n groter verhaal. Kom stap lig, kom stap vry — tussen berge en vlaktes wag ’n reis wat jou siel sal vernuwe.

Kom stap jou storie – saam met die Klein Karoo Camino.

Kliek op die skakels hieronder om meer uit te vind:

STAPROETES
FIETSROETES
HELPENDE HAND
OP DIE SPOOR VAN DIE GROTES
Verken saam met ons die wêreld van asemrowende landskappe, inspirerende stories en onvergeetlike ervarings. Elke roete neem jou op ’n reis wat liggaam en gees verryk.
Geniet die skoonheid, uitdagings en lang afdraandes van die Klein Karoo op jou bergfiets. Ons roetes bied ontspanning en avontuur – jy ry teen jou eie pas, in volle harmonie met die natuur.
Kom stap saam met Hannes Noëth en ondersteun sodoende Helpende Hand se projekte om kinders, bejaardes en persone met gestremdhede by te staan. Kom dra by tot die welstand van jou gemeenskap.
Verken saam met ons "Op die spoor van die Grotes" waar elke voetspoor 'n nuwe storie vertel.
Kom geniet die natuurskoon en unieke storie wat elke bestemming en grote, onvergeetlik maak.
Staproetes
Fietsroetes
Helpende Hand
Op die spoor van die Grotes
Groep 2026_Mei